Skip to main content

SP ('Stiffie') Cronje vs Theewaterskloof Gazette


Wed, Mar 25, 2015

Bevinding deur die Persombudsman

25 Maart 2015

Hierdie bevinding is gebaseer op die skriftelike voorleggings van mnr. S.P. (“Stiffie”) Cronje en dié van dr. George Claassen, interne ombudsman van Media 24: Gemeenskapskoerante (namens Annette Theron, nuusredakteur van die Theewaterskloof Gazette).

Klag

Cronje, adjunk-direkteur in die kantoor van die bestuurder van die Theewaterskloof Munisipaliteit (TWK), kla oor ? brief in die Theewaterskloof Gazette van 10 Maart 2015 onder die opskrif Existing by-law still valid.

Hy kla (in sy persoonlike hoedanigheid) dat die skrywer hom daarvan daarvan beskuldig dat hy lesers mislei, dat hy ? leuenaar is, dat hy ? geskiedenis het van probleme ontduik en dat hy net daarop ingestel is om klaers te sus. Hy sê dat bogenoemde onnodig, onvanpas en ? wanvoorstelling van hom is, en dat dit sy karakter aantas.

Cronje sê die koerant moes nie die brief geplaas het nie – veral ook omdat die teendeel in die TWK se kommentaar (onderaan die brief) bevestig is. Hierdie kommentaar is volgens hom deur die wetstoepassingsbeamte en die munisipaliteit se regspersoon nagegaan.

Hy voeg by dat die publisering van die brief mense teen hom (sowel as teen die TWK) kan aanhits.

Die teks

Die brief, geskryf deur mnr. Noël Greeff van Botrivier, sê dat Cronje lesers mislei wanneer hy beweer dat beboste erwe wat by die munisipaliteit aangemeld word, ná ? kennisgewing van 14 dae skoongemaak sal word vir die rekening van die erf se eienaar. Greeff skryf dat dit onwaar is – die  munisipaliteit het ? hofsaak verloor omdat daar geen munisipale regulasie is wat sodanige optrede toelaat nie.

Cronje se reaksie is onderaan die brief gepubliseer. Daarin haal hy verskeie munisipale verordeninge aan wat na bewering voorsiening maak vir sodanige optrede deur die munisipaliteit.

Ontleding

Hoewel laster ? saak vir die howe is en nie in die Perskode genoem word nie, is dit tog nodig om ? opmerking daaroor te maak.

Laster is per definisie die onregverdige verlaging van ? persoon se aansien, karakter, reputasie en integriteit.

Dit impliseer dat jy nie iemand met die waarheid kan belaster nie – as dit byvoorbeeld waar is dat ? burgemeester R1 miljoen gesteel het, kan ? koerant dit skryf. Die bewyslas is in daardie geval egter op die publikasie.

Openbare belang kom ook ter sprake. In hierdie geval is die saak inderdaad in die openbare belang, omdat Cronje ? munisipale amptenaar is wat met belastingbetalers se geld vergoed word.

Daarby neem ek die uitspraak van regter Nugent (Tsedu & Others vs. Lekota & Another, 2009) in ag, waarin hy onder meer die volgende sê:

“A newspaper that publishes a defamatory statement that has been made by another is as much the publisher of the defamation as the originator is. Moreover it will be no defence for the newspaper to say that what was published was merely repetition. For while the truth of this statement (if it is published for the public benefit) provides a defence to an action of defamation, the defence will succeed only if it is shown that the defamation itself is true, not merely it is true that the statement was made.”

? Deel van Art. 4.7 van die Perskode is hier ter sprake. Dit lui soos volg:

The press shall exercise care and consideration in matters involving dignity and reputation. The dignity or reputation of an individual should be overridden only by a legitimate public interest and in the following circumstances:

4.7.1 The facts reported are true or substantially true; or

7.7.2 The article amounts to fair comment based on facts that are adequately referred to and that are true or substantially true…”

Met al bogenoemde in ag genome, het ek die volgende boodskap aan die nuusredakteur geskryf:

“Beste Annette

“Soos jy weet, moet die redakteur verantwoordelikheid neem vir dit wat gepubliseer word – insluitende die inhoud van ? brief. Mnr. Greeff beskuldig vir mnr. Cronjé in sy brief dat hy doelbewus die publiek mislei het. Dit is ? ernstige aanklag, wat sy reputasie kan skend.

“Nou: ? Mens kan nie iemand belaster as jy die waarheid praat nie. Ek moet dus vasstel of dit waar is dat Cronjé die publiek mislei het. Die bewyslas is op die koerant om my daarvan te oortuig.

“Dit sal dalk ook help as ek ? afskrif kan kry van die hofsaak waarna Greeff verwys.”

Theron het hierdie skrywe na Claassen verwys, waarop hy teruggeskryf het dat die koerant verskoning moet aanteken as dit onwaar is dat Cronje die publiek mislei het – en dat hy die saak in my hande laat.

Ek neem met dank daarvan kennis dat Claassen met my saamstem dat die kern van die saak die vraag is of Cronjé die publiek mislei het.

Intussen het ek ook vir Cronje gevra om vir my die relevante munisipale verordeninge aan te stuur wat tans van krag is, aangesien Greeff beweer die munisipaliteit het ? hofsaak verloor omdat daar geen munisipale regulasie is wat sodanige optrede toelaat nie.

Onder die opskrif “HOOFSTUK 1: ALGEMENE BEPALINGS INSAKE OPENBARE OORLASTE”, bepaal Verordening 3 (2) (op bladsy 87 in die betrokke Provinsiale Koerant) dat, waar daar ? oortreding is (wat beboste erwe insluit), “kan die munisipaliteit na goeddunke ? kennisgewing op die eienaar…of beweerde oortreder beteken om binne ? bepaalde tyd die…oorlas uit die weg te ruim. By versuim om aan sodanige kennisgewing gevolg te gee en sonder inkorting van die munisipaliteit se reg om vervolging in te stel, kan die munisipaliteit alle nodige maatreëls tref om die oorsaak of bron van sodanige oorlas te verwyder en enige koste in daardie verband aangegaan is deur die munisipaliteit verhaalbaar op die persoon wat verantwoordelik is vir die oorlas…” (eie beklemtoning)

Ek het by Theron kers opgesteek oor die “hofsaak”. Sy het toe vir Greeff oor die saak genader, waarop hy geantwoord het dat daar geen hofsaak was nie, slegs ? dispuut oor ? wetspunt. Hy sê ? raadslid meen hy het die saak misverstaan, dinkende die dispuut was ? hofsaak.

Al bogenoemde kom daarop neer dat dit onregverdig en onbillik teenoor Cronje was om Greeff se beskuldigings te publiseer dat Cronjé ? leuenaar sou wees wat die publiek mislei het (al was die briefskrywer ook onder ? wanindruk). Cronjé is na alle waarskynlikheid onnodige skade betrokken – en dit is hierdie kantoor se taak om dit reg te stel.

Oor die beskuldiging dat Cronje ? geskiedenis het van probleme ontduik en dat hy net daarop ingestel is om klaers te sus, kan ek my nie uitspreek nie – dit is ? algemene stelling (anders as die ander beskuldigings wat ek hierbo genoem het), en ek meen dat Greeff geregtig was op sy mening.

? Algemene opmerking: Die feit dat die koerant die munisipaliteit se reaksie onderaan Greeff se brief gepubliseer het, is prysenswaardig. Dit beteken egter nie dat Cronje nie meer by hierdie kantoor kon kla nie – sy naam en reputasie is immers steeds in die gedrang.

Bevinding

Die publisering van die beskuldiging dat Cronje ? leuenaar is en die publiek mislei het, is ? verbreking van Art. 2.1 van die Perskode wat lui: “Die pers is verplig om nuus…akkuraat en billik te rapporteer.”

Die klag oor die beskuldiging dat Cronje ? geskiedenis het van probleme ontduik en dat hy net daarop ingestel is om klaers te sus word van die hand gewys.

Erns van oortreding(s)

Onder die opskrif Hierarchy of sanctions onderskei Artikel 8 van die Persraad se Klagteprosedure tussen minder ernstige oortredings (Vlak 1), ernstige oortredings (Vlak 2) en ernstige wangedrag (Vlak 3).

Die verbreking van die Perskode, soos hierbo uiteengesit, is ? Vlak 2-oortreding.

Optrede

Die koerant word versoek om:

·         Cronje onvoorwaardelik om verskoning te vra vir die beskuldiging dat hy ? leuenaar is en die publiek mislei het, en vir die onnodige skade wat dit hom en sy reputasie berokken het;

·         die verskoning, soos die brief ter sprake, heel bo-aan die brieweblad te plaas;

·         die woorde “verskoning” (of iets dergeliks) en Cronje se van in die opskrif te gebruik; en

·         die teks voor te berei en voor publikasie aan my beskikbaar te stel, met die volgende sin aan die einde: “Besoek www.presscouncil.org.za vir die volledige bevinding.”

Aansoek om verlof tot appèl

Ons klagte-prosedure bepaal dat enige party binne sewe werksdae ná die ontvangs van hierdie beslissing aansoek om appèl kan aanteken by die Voorsitter van die Appèlkomitee, regter Bernard Ngoepe. Gronde vir die appèl moet duidelik uiteengesit word. Hy kan by khanyim@ombudsman.org.za bereik word.

Johan Retief

Persombudsman