Skip to main content

Prof. Willem Landman vs. Rapport


Mon, Jun 12, 2017

Bevinding deur die Persombud

9 Junie 2016

Hierdie bevinding is gebaseer op voorleggings deur prof. Willem Landman en deur Alet Wichmann, interne ombud van Rapport.

Prof. Landman het ? klag ingedien oor ? berig in Rapport wat op 7 Mei 2017 gepubliseer is, onder die opskrif Karel se helper dalk vervolg. Die berig het ook op Netwerk24 verskyn.

Die klag kortliks

Die kern van Landman se klag kom daarop neer dat lesers die redelike afleiding kon maak dat hy die “helper” was wat krimineel vervolg kon word nadat hy, moontlik op ? onwettige wyse, die bekende skrywer Karel Schoeman met sy selfdood sou bygestaan het.

Hy identifiseer die volgende faktore wat tot hierdie (onhoudbare) indruk aanleiding gegee het:

·         Rapport het sy onderneming met hom verbreek om hom voor publikasie insae in die berig te gee – wat hom die geleentheid ontneem het om veranderings aan te bring wat foute sou voorkom;

·         Die berig was buite konteks omdat die verslaggewer woorde in sy mond gelê en dit ongenuanseerd naas dié van ? (anonieme) “senior advokaat” gestel het – wie se mening boonop onvolledig en misleidend was;

·         Die joernalis se versuim om onderskeid te tref tussen wettige hulpverlening by versterwing (verhongering) en onwettige bystand by selfdood, het die moontlikheid oopgelaat dat lesers sou meen hy het (onwettiglik) ? middel aan Schoeman verskaf, of hom gehelp om dit in te neem, wat tot sy dood gelei het;

·         Die rapportering van wat hy oor aborsie sou gesê het, het geïmpliseer dat hy in sy raadgewing hom nie aan wetgewing sou steur nie (asook dat hy gebrekkige kennis oor dié onderwerp sou hê); en

·         Die opskrif het hom as die “helper” geïdentifiseer wat krimineel vervolg kon word; dit geld ook vir die plasing van foto’s.

Die berig                  

Die storie het gesê die kans is Top of Form

goed dat iemand strafregtelik vervolg kan word weens die onlangse dood van die skrywer Karel Schoeman, wat ? brief agtergelaat het waarin hy geskryf het hy het hulp gehad met die beëindiging van sy lewe.

Die joernalis haal ? senior advokaat aan wat onder meer sou gesê het waar uitvoeringsaandadigheid in enige vorm ter sprake was, was daar opset om iemand se dood te veroorsaak – wat só ? party medepligtig tot moord sou maak. Die blote feit dat die laaste handeling van ? selfdoder ? eie, vrywillige, nie-misdadige handeling is, bring nie sonder meer mee dat die indirekte helper aan geen misdaad skuldig kan wees nie – na gelang van die feitlike omstandighede kan die misdaad moord, poging tot moord of strafbare manslag wees, het die advokaat na berig word bygevoeg.

Landman word dan beskryf as ? vriend van Schoeman en lid van Dignity SA (wat hom beywer vir die verandering van wetgewing oor selfdood-bystand). Hy sou na berig word gesê het dit was Schoeman se laaste wens dat die omstandighede van sy dood sal help om die debat en wetgewing oor bystand met selfmoord vorentoe te neem.

Volgens Landman was Schoeman nie depressief nie. Hy was net ? “ou 77-jarige wat reeds lank gelede besluit het wanneer hy sou ­ophou lewe. Hy wou hê dat dié proses gedekriminaliseer moet word en dat sy dood ? doel sou dien om ander mense in dieselfde posisie te help,” het Landman na berig word gesê.

Schoeman, wat Landman op Oujaarsaand verlede jaar gekontak het, het glo tóé reeds besluit wanneer hy wou sterf (op 1 Mei). “Sy vereiste was dat sy dood nie onwaardig of traumaties vir enigiemand naby hom moes wees nie,” word Landman aangehaal.

En ook: “Hy wou by my net weet hóé (om te sterf) – sonder om enigiemand wat hom sou help te benadeel, en ek het hom daarmee gehelp. Ek het aangebied om spesiaal iemand na hom te stuur om in die proses by hom te wees, maar dié sou Engels wees. Karel het gesê hy wou in Afrikaans sterf.”

Volgens die advokaat sou die polisie se ondersoek moet bepaal of Schoeman se dood (wat ? unieke geval blyk te wees omdat hy nie terminaal siek was nie) enige strafregtelike vervolging regverdig.

Die berig eindig soos volg: “Landman gee toe wetgewing gaan nie voorsiening maak vir ? unieke karakter soos Schoeman nie. ‘Karel was ten dode toe moeg. My argument in enige geval van bystand met selfdood is nie om te kyk wat die wet verbied nie, maar wat die Grondwet toelaat – soortgelyk aan die wetgewing wat aborsie onder bepaalde omstandighede toelaat,’ sê Landman. ‘Ek sou argumenteer: Kyk na wat vir hom lyding was en kyk waar pas dit by sy grondwetlike regte in. Tans bly dit regtens moord of strafbare manslag maar een of ander tyd sal daar ? aanpassing móét kom oor waar ? mens se reg op vryheid en waardigheid in die geval van bystand met selfdood inpas’.”

Die klag in nader besonderhede

Stadig oor die klippe

Om tot ? sinvolle en verantwoordbare gevolgtrekking te kom oor die kern van Landman se klag, kyk ek eers na die onderskeie faktore wat volgens hom aanleiding gegee het tot die valse indruk dat hy hom aan kriminele ondersoek blootgestel het.

Ek grawe dus eers die fondament en bou die mure, voordat ek probeer om die dak op te sit. Ek hou my daarom nie streng by die volgorde waarin die argumente geformuleer is nie.

Onderneming verbreek

Landman sê Media24 het op 3 Mei vanjaar (korrek) berig dat hy Schoeman vier maande lank bygestaan het met inligting (veral die etiese, wetlike en praktiese implikasies) oor sy voorneme om deur verhongering sy lewe te beëindig. Lesers het hierdie berigte korrek verstaan, soos blyk uit talle eposse van dankbetuiging wat hy daarna ontvang het.

Rapport het daarna ? onderhoud met hom gevoer, waartydens ooreengekom is dat hy die geleentheid sou kry om die konsepberig na te gaan vir die akkuraatheid daarvan (soos die geval was met ander Media24-publikasies) – wat volgens hom belangrik was vanweë die sensitiewe aard van advies oor selfdood en die gepaardgaande risiko’s van vervolging.

Hy sê die koerant het egter hierdie onderneming verbreek.

Landman kom tot die volgende gevolgtrekking: “Rapport het troubreuk gepleeg. Gegee die erns van moontlike nadelige gevolge, vind ek dit verraderlik en ? misbruik van my goeie trou wat my benadeel ten einde die koerant te help verkoop.”

Wichmann sê daar rus geen verpligting op ? koerant om berigte voor te lê vir goedkeuring voor publikasie nie en Rapport doen dit as ? reël glad nie. “Ons vra om verskoning dat daar ? misverstand was dat die joernalis wel die kopie voor publikasie aan prof. Landman sou voorlê,” voeg sy by.

Sy noem egter dat vooraf-goedkeuring van die kopie nie ? voorwaarde was vir die onderhoud nie, asook dat dié versoek van Landman eers aan die einde van die onderhoud geopper is.


Landman sê hy het nooit aangevoer dat ? koerant verplig is om berigte voor te lê vir goedkeuring voor publikasie nie – Rapport het egter so ? onderneming aan hom gegee. “Dit is al wat relevant is – of ek die onderneming aan die begin, in die middel of aan die einde van die onderhoud versoek het, is irrelevant.”

Hy voeg by dit gaan hier oor ? etiese en nie ? regstegniese verpligting nie. Hy verwerp ook Wichmann se verwysing na ? misverstand – hy sê daar was geen onduidelikheid of mis-kommunikasie hieroor nie.

Landman verduidelik ook dat hy, weens die ingewikkeldheid en sensitiwiteit van die onderwerp, bloot seker wou maak dat geen foute in die berig insluip nie – dit het nie om “goedkeuring”, “vooraf-goedkeuring” of ? “voorwaarde vir die onderhoud” gegaan nie.

                                                Ontleding

Wichmann praat van ? “misverstand” en voeg by dat Landman sy versoek eers aan die einde van die onderhoud “geopper” het.

Ek het daarop die volgende vraag aan haar gestel: “Nie een van hierdie twee uitsprake erken dat die joernalis so ? onderneming gegee het nie. Ek kan dit ook nie uit die res van jou verweer aflei nie. Ek moet duidelikheid hieroor kry: Het die verslaggewer so ? onderneming gegee, of is so ? versoek slegs tot hom gerig? Anders gevra: Hoekom noem jy dit ? ‘misverstand’? Ek kan nie met aannames werk nie.”

Sy het geantwoord: “Die joernalis sê: ‘Toe ons uitgestap het, het hy (prof. Landman) vir my sy e-posadres gegee en gesê hy sou graag die berig wou sien – ek het uiteindelik nie weens tyddruk daarby uitgekom (om dit aan hom te stuur) nie. Dit was nie ? voorwaarde dat hy die berig wou klaar vir korrektheid nie’. Ons meen dus daar was nie ? onderneming om dit aan hom voor te lê nie.”

Landman het soos volg gereageer: “[Die joernaliste] het te vroeg by my opgedaag… Ek het hulle tussen twee afsprake ingepas... Met die oorhaas het ek nagelaat om die versoek, wat later in die gesprek gerig en aanvaar is, heel aan die begin te stel. Sonder twyfel is die versoek (nie voorwaarde nie) toegestaan. Ek was onder geen misverstand daaroor nie. Toe hulle my nie bel nie het ek aan [my vrou] gesê die onderhoud is klaarblyklik nie meer nuuswaardig nie en dat hulle dit nie gaan plaas nie. Ek was absoluut oortuig ons het ? ooreenkoms. Om dit as ? misverstand te beskryf, is myns insiens oneerlik en opportunisties… Ek wou moontlike foute elimineer…”

Dié reaksies het die saak enersyds verhelder, maar andersyds ook vertroebel: Volgens albei partye is so ? versoek gerig (nie as ? voorwaarde gestel nie). Dit is nie in dispuut nie. Dit is inderdaad ook irrelevant of die versoek voor, tydens of ná die onderhoud gerig is.

Dit is jammer dat die verslaggewer ontken dat sy ? onderneming aan Landman gegee het – waarom anders sê sy dat sy “weens tyddruk” nie daarby uitgekom het om dit aan hom te stuur nie? Dit impliseer tog dat sy van plan was om dit te doen? En waarom anders was sy so van plan, as dit nie was dat Landman haar (volgens haar eie erkenning) daarvoor gevra het nie? En sy daartoe ingestem het?

Dit laat my met etiese vrae, en meer spesifiek met wat die Perskode oor hierdie saak te sê het.

Die feit dat die Kode niks spesifieks sê oor ? joernalis wat nie ? onderneming gestand doen nie, beteken nie dat dié dokument in hierdie opsig waardeloos is nie.

Laat my in hierdie verband eers ? gewilde mite die nek omdraai. Mense meen dikwels dat hierdie kantoor net kan optree wanneer iets gepubliseer is. Natuurlik is dit grootliks waar – maar die waarheid is groter as dit. Reeds in die eerste artikel het die Kode dit oor die insameling van nuus – wat die skryf daaraan immers voorafgaan; artikel 12 handel oor betaling vir inligting, wat ook vóór publikasie kan geskied.

Die punt wat hieruit afgelei moet word, is van besonderse belang – joernalistieke etiek het nie net te make het met dit wat geskryf word nie, maar inderdaad ook met die proses wat die skryf voorafgaan. Ek kan dit selfs sterker stel: Alles wat joernaliste in die uitvoering van hul pligte doen, het etiese implikasies (omdat dit mense raak en beïnvloed – wat ten goede of ten kwade kan wees).

Dit is waarom die volgende woorde in die voorwoord tot die Perskode van kritieke belang is: “As journalists we commit ourselves to the highest standards, to maintain credibility and keep the trust of the public.” Joernaliste wat weet hoe belangrik dit is dat hul verslaggewing voldoen aan etiese standaarde, stel daarom nie minimum-vereistes aan hulself nie. Die vraag moet daarom nie wees “wat is die meeste waarmee ek kan wegkom?” of “wat is die minste wat ek moet doen?” nie. Die vraag moet eerder wees: “Wat is daar wat ek nóg kan doen?”

Om daardie redes kan hierdie kantoor nie skouers ophaal en sê ? onderneming wat gegee is en wat nie gestand gedoen is nie, het niks met ons uit te waai nie.

Ek meen dat die joernalis weens die ingewikkelde aard en sensitiwiteit van die onderwerp, asook Landman se versoek, dood eenvoudig die tyd moes gevind het om te doen wat sy ingestem het om te doen.

Natuurlik rus daar geen verpligting op ? publikasie om ? berig aan iemand voor te lê vir goedkeuring nie. Die meeste koerante doen dit as ? reël glad nie. Dit is egter nie die punt wat hier ter sprake is nie.

Ongenuanseerde aanhalings naas dié van ‘senior advokaat’

Landman kla dat die naasmekaarstelling van die menings van ? senior advokaat met onakkurate en misleidende aanhalings wat in Landman se mond gelê is, die indruk geskep het dat hy die “helper” was wat krimineel vervolg kan word.

Hy wys daarop dat die misdade wat hier op die spel is, volgens  die “senior advokaat”, ernstig is – dit gaan om moord, poging tot moord en strafbare manslag. Die kans is volgens die regsgeleerde boonop “goed” dat iemand strafregtelik vervolg kan word. Dié bron verwys onder meer ook na “uitvoeringsaandadigheid”, “opset om ? mens se dood te veroorsaak” en “medepligtigheid tot moord”.

Landman sê dit is binne hierdie konteks dat die berig verwys na sy verbintenis met Schoeman – ? “blatante” suggestie dat hy moontlik aan sulke misdade skuldig kon wees deurdat hy “indirek” die skrywer se dood veroorsaak het.

Die punt, voer Landman aan, is dat verkeerde en ongegronde interpretasies aan sy “gedekontekstualiseerde of naasmekaargestelde aanhalings” geheg kon word, met die moontlike nadelige gevolge wat daarmee gepaard kan gaan.

Landman voeg by dat hy nie vooraf geweet het dat ? “senior advokaat” ook aangehaal sou word nie, spesifiek oor die moontlike kriminaliteit van bystand by selfdood, “en nog minder dat sy mening so blatant na my gesuggereerde kriminaliteit sou verwys …”

Hy is ook krities oor die geldigheid van die advokaat se menings – hy voer aan, met verwysings na hofuitsprake, dat die “advokaat” óf oningelig is, óf dat die verslaggewer die regsgeleerde verkeerd aangehaal het. Die korrektheid van die regsmening is belangrik, sê hy, want die berig gaan grootliks oor moontlike strafregtelike optrede teen die “helper” – wat duideik blyk uit die inhoud en strekking van die berig, sowel as die opskrif wat die inhoud daarvan opsom.

Dié situasie word volgens hom deur die “senior advokaat” se anonimiteit vererger en het aanleiding gegee tot “sensasie op grond van oorvereenvoudiging”.

Hy gaan voort: “Om die ‘senior advokaat’ op hierdie wyse te betrek is nie net powere joernalistiek nie, maar gee my goeie rede om te glo dat dit kwaadwillig van aard is, tensy die teendeel bewys word. ? Meer genuanseerde uiteensetting van die regsposisie sou so ? ooglopende kontras tussen wat die wet sê en die moontlike kriminaliteit van die ‘helper’ se raad veel moeiliker gemaak het om op so ? simplistiese en sensasionele wyse voor te dra.”

Landman vra dat hierdie kantoor dié joernalistiese tegniek – waarin ? anonieme “senior advokaat” gebruik is om hom per implikasie en assosiasie valslik en ongeregverdig in die publiek verdag te maak – ten sterkste veroordeel.

Rapport se interne ombud sê die Perskode laat joernaliste toe om van anonieme bronne gebruik te maak as daar geen ander uitweg is nie, en dat sulke inligting dan geverifieer word. “Die joernalis het dit gedoen. Die gebruik van ? anonieme bron was geensins ‘kwaadwillig van aard’ soos wat Landman beweer nie,” voer sy aan.

Sy verduidelik dat meer as een advokaat aan die joernalis verduidelik het dat die Balie se reëls hulle verhinder om kommentaar te lewer op ? saak wat hangende is; in dié geval ? geregtelike doodsondersoek (soos dit nog was toe die berig geskryf is).

Wichmann voeg by dit is nie enige regsgeleerde wat kommentaar kan lewer oor dié saak nie omdat die saak so gespesialiseerd is – die advokate wat Rapport aangehaal het, is die land se voorste regsgeleerdes op dié gebied en was ook nou betrokke by ? soortgelyke toetssaak.

“Die weglaat van hul name om professionele redes benadeel niemand nie en hul professionele kennis en integriteit word nie in twyfel getrek nie,” sê sy.

Wichmann voer ook aan daar word nie van ? joernalis verwag om vooraf aan al sy bronne te verklaar watter ander bronne deel van die berig sal uitmaak nie. Dit is boonop ? joernalis se werk om soveel moontlik bronne en perspektiewe in te sluit by ? berig.

Die interne ombud verwerp Landman se argument oor die “naasmekaarstelling” van menings en dat dit hom as die sogenaamde “helper” sou blootstel – sy sê Landman se aangehaalde woorde handel glad nie oor sy bystand aan Schoeman nie, maar eerder oor die skrywer se eie mening oor bystandselfdood soos hy dit voor sy dood glo aan Landman gestel het. 


Landman sê aangesien die regopinie dit stel dat selfs indirekte bystand strafregtelik vervolgbaar kan wees, kan die leser redelikerwys die afleiding maak dat hy homself aan strafregtelike vervolging blootgestel het. “Hierdie regsposisie is onvolledig en misleidend,” beweer hy.

Hy argumenteer dat, al sou hy ook direkte bystand verleen het deur ? middel aan Schoeman te verskaf waarmee hy sy eie dood veroorsaak het, sou hy nie noodwendig strafregtelik aanspreeklik gewees het nie. “Strafregtelike aanspreeklikheid sou van die feite van die besondere situasie afhang, onder meer of die kousale ketting deur Schoeman se outonome besluit en handeling verbreek is, of ek hom aangemoedig of ontmoedig het, of die middel wettig bekom is, en dies meer,” verduidelik hy.

Landman haal ? Appèlhofuitspraak van 6 Desember 2016 aan wat bogenoemde ondersteun, en argumenteer dat Rapport se “senior advokaat” niks hiervan sê nie. “Sy onvolledige regsopinie staan net daar langs ongekontekstualiseerde bevestiging van my bystand aan Schoeman, ontdaan van die konteks van bystand met versterwing,” sê hy.

Om redes soos hierdie, sê hy, “beïndruk dit my geensins dat Rapport beweer dat hy die ‘land se voorste regsgeleerdes’ geraadpleeg het nie. Òf hulle is oningelig, òf Rapport het in sy beriggewing nie reg laat geskied aan hulle opinies nie.”

Hy kom tot die volgende gevolgtrekking: “Interpretasie deur lesers oor moontlike strafregtelike gevolge vir my vloei direk uit ? onvolledige weergawe van die regsposisie en ? ongekwalifiseerde verwysing na my betrokkenheid.”

Oor die toelaatbaarheid van anonieme bronne sê Landman hy het nooit ontken dat Rapport sulke bronne mag aanhaal nie. “My punt was eerder dat indien sodanige anonieme professionele bronne ten opsigte van so ? komplekse en sensitiewe kwessie sulke ongenuanseerde opinies uitspreek, die aanwending van anonimiteit ter sake en problematies word. Daar staan die opinie, dit kom van ? ‘senior advokaat’, uit die leek se oogpunt moet die kenner of outoriteit korrek wees, en dit skep die redelike persepsie dat dit waarskynlik nadelige strafregtelike gevolge vir my inhou.”

Hy voeg by dat, as die mening van die regsparaktisyns sowel as verwysings na sy betrokkenheid by Schoeman se sterwensproses meer genuanseerd en korrek was, sou hy geen probleem met anonimiteit gehad het nie.

                                                Ontleding

Ek beperk my in hierdie onderafdeling tot die vraag of die storie die advokaat se stellings só aangebied het, naas dié van Landman, dat die redelike leser daaruit kon verstaan dat die professor die “helper” was wat moontlik strafregtelik vervolg kan word.

Dit ly by my geen twyfel dat dit wel die geval is nie. Oordeel self oor die volgende uittreksels uit die storie wat direk met hierdie spesifieke saak verband hou:Top of Form

·         Die advokaat:

o   “Waar daar uitvoeringsaandadigheid in enige vorm ter sprake was, was daar ? opset om ? mens se dood te veroorsaak wat só ? party medepligtig tot moord maak”;

o   “Die blote feit dat die laaste handeling die selfmoordenaar se eie, vrywillige niemisdadige handeling is, bring nie sonder meer mee dat die indirekte helper aan geen misdaad skuldig kan wees nie. Na gelang van die feitlike omstandighede kan die misdaad moord, poging tot moord of strafbare manslag wees”; en

o   Die polisie se ondersoek sal nou bepaal of die feite van Schoeman se dood enige strafregtelike vervolging regverdig.

·         Landman:

o   “[Schoeman] wou by my net weet hóé [om sy eie lewe te beëindig] – sonder om enigiemand wat hom sou help te benadeel, en ek het hom daarmee gehelp”; en

o   “Ek het aangebied om spesiaal iemand na hom te stuur om in die proses by hom te wees”.

Voeg daarby dat die res van die berig wemel van verwysings na wat Landman sou gesê het of na sy verbintenis met Schoeman wat indirek hiermee verband hou, soos:

·         Landman, vriend van Schoeman en lid van Dignity SA, sê dit was Schoeman se laaste wens dat die omstandighede van sy dood sal help om die debat en wetgewing oor bystand met selfmoord vorentoe te neem.

·         “[Schoeman] wou hê dat dié proses gedekriminaliseer moet word en dat sy dood ? doel sou dien om ander mense in dieselfde posisie te help” (Landman word aangehaal);

·         “Reeds tóé het hy besluit wanneer hy wil sterf… Sy vereiste was dat sy dood nie onwaardig of traumaties vir enigiemand naby hom moes wees nie”;

·         Landman het Schoeman se toestemming gehad om die inhoud van verskeie briewe ná sy dood bekend te maak;

·         “My argument in enige geval van bystand met selfdood is nie om te kyk wat die wet verbied nie, maar wat die Grondwet toelaat – soortgelyk aan die wetgewing wat aborsie onder bepaalde omstandighede toelaat”; en

·         “Ek sou argumenteer: Kyk na wat vir hom lyding was en kyk waar pas dit by sy grondwetlike regte in. Tans bly dit regtens moord of strafbare manslag maar een of ander tyd sal daar ? aanpassing móét kom oor waar ? mens se reg op vryheid en waardigheid in die geval van bystand met selfdood inpas.”

Let daarop dat dit hier nie gaan oor die vraag of Landman strafregtelik vervolg kan / moet word of nie – my beslissing moet streng verband hou met die joernalistiek wat gepubliseer is.

Binne bogenoemde konteks plaas ek die volgende sin onder die vergrootglas: “[Schoeman] wou by my net weet hóé [om sy eie lewe te beëindig] – sonder om enigiemand wat hom sou help te benadeel, en ek het hom daarmee gehelp”.

Die woorde “en ek het hom daarmee gehelp” kan nie redelikerwys anders verstaan word as dat hy aksie geneem het deur Schoeman op die een of ander manier te help sterf nie. Dit maak nie saak wat Schoeman se voorwaarde was nie (hy wou nie enige helper benadeel nie) – die woorde “en ek het hom daarmee gehelp” bly staan.

Die saak word natuurlik vererger deur die weglating van die tipe hulp wat Landman aangebied het, naamlik versterwing (wat wettig is). Sonder hierdie konteks word die leser subtiel (maar nie noodwendig doelbewus nie) beïnvloed om te dink dat hier dalk ? slang in die gras is.

Met al bogenoemde oorwegings in gedagte, gee ek Landman gelyk wat hierdie deel van sy klag betref.

(Ek sal teen die einde van hierdie bevinding verdere konteks verskaf wat hiermee verband hou, soos die inleidende sin en die opskrif.)

? Sekondêre klag hou verband met die rapportering oor wat die “senior advokaat” sou gesê het. Ek lewer kommentaar op die volgende aspekte:

·         Ek verstaan Landman se ongemak met die rapportering in hierdie verband (hy meen die regsgeleerde is moontlik verkeerd aangehaal, of die persoon self is dalk oningelig). Ek gaan my egter nie op hierdie terrein begewe nie – dit val buite my mandaat om te besluit of hierdie advokaat se mening, soos deur die verslaggewer oorgedra, korrek was of nie, en of daardie opinie meer om die lyf moes gehad het;

·         Die volgende kwessie val wel binne my mandaat: Landman se klag dat hy nie vooraf geweet het dat die advokaat ook aangehaal sou word nie, hou nie verband met ? algemene ongemak met “iemand” wat, naas hom, ook genader is nie. Dit gaan eerder om die tipe kommentaar wat gelewer is – en waarop Landman, meen ek, die geleentheid moes gehad het om repliek te lewer (omdat dit hom, onverwags, die subjek van kritiese beriggewing gemaak het, en waarvan hy nie bewus was nie). In hierdie verband vra Landman van hierdie kantoor om die tegniek te veroordeel waarin die advokaat so aangehaal word dat hy daardeur geïnkrimineer kon word. Dit is wat ek doen met my opmerking dat Landman die reg op repliek moes gehad het vóór publikasie;

·         Ek aanvaar Landman se opmerking dat hy nie soseer kla oor die feit dat die bron anoniem gebruik is nie, en dat hy nie ? probleem met anonimiteit sou gehad het as sy betrokkenheid by Schoeman se sterwensproses meer genuanseerd en korrek aangebied is nie.

As slotopmering, en duidelikheidshalwe, net die volgende: Artikel 11 van die Perskode handel oor anonieme bronne. Daaruit is dit duidelik dat naamlose bronne wel gebruik kan word (en dat hul identiteit beskerm moet word), asook dat die gebruik van sulke bronne vermy moet word indien moontlik.

Ek aanvaar Wichmann se verduideliking dat die Balie se reëls advokate verhinder om kommentaar te lewer op ? saak wat hangende is – en dat dit die rede was waarom die advokaat of advokate se identiteit beskerm is.

Geen onderskeid tussen wettige hulpverlening, onwettige bystand

Die kern van hierdie deel van Landman se klag is dat lesers redelikerwys kon dink dat hy (onwettiglik) ? middel aan Schoeman verskaf het wat tot sy dood gelei het – so ? persepsie, voer hy aan, word gevoed deur die gebrek aan ? onderskeid tussen wettige hulpverlening by versterwing, en onwettige bystand by selfdood (en, natuurlik ook, deur die gebrek aan die konteks wat ? verwysing na sy hulp met versterwing sou gebring het).

Hy verwys in hierdie verband na die volgende stellings in die storie:

·         “[Schoeman] wou by my weet hóé – sonder om enigiemand wat hom sou help te benadeel, en ek het hom daarmee gehelp”; en

·         “Ek het aangebied om iemand na hom te stuur om in die proses by hom te wees, maar dié sou Engels wees.”

Hy wil weet wat hierdie “proses” was waarna verwys word, en of dit opsetlik of toevallig verswyg is dat die storie geen onderskeid tussen wettige hulpverlening by versterwing en onwettige bystand gemaak het nie.

Die professor verduidelik dat sy aanbod om Schoeman by te staan by versterwing op “palliatiewe (versagtende, verligtende) sorg” neergekom het – wat wettig is, en dit was boonop Schoeman se goeie reg om dit te ontvang.

Hy voeg by: “Uiteraard is dit ook uiters riskant vir die een wat ‘indirek’ help. Ek maak ten sterkste beswaar teen die formulering in hierdie aanhaling. Deur swye word die verskaffing van ? middel as ? moontlike interpretasie oopgelaat en aan my naam verbind. Dit is onverskoonbaar.”

 

Wichmann verskil van Landman dat die aanhalings hierbo die indruk kon skep dat hy sou toegestem het tot ? onwettige “proses”. Sy voer aan: “Die woorde ‘sonder om enigiemand wat hom sou help te benadeel’ stel tog dat Schoeman gesoek het na ? ‘proses’ wat nie onwettig sou wees en ander blootstel aan vervolging nie.”


                                                Ontleding

Rapport se verweer oor Schoeman se begeerte dat ? persoon wat hom help om te sterf nie benadeel word nie, is nie waterdig nie – die skrywer se begeerte waarborg immers nie dat Landman ag gegee het op sy versoek nie.

Die storie onderskei nie tussen wettige en onwettige optrede nie, ook nie tussen direkte en indirekte hulp nie, wat belangrik is – om aan te toon dat Landman nie noodwendig die wet verbreek het nie, selfs al het hy die skrywer gehelp om te sterf.

Hierdie leemte voed die indruk wat lesers rederlikerwys kon kry dat Landman die “helper” was wat moontlik strafregtelik vervolg kan word.

Soms is dit wat nié gesê word nie, net so belangrik as dit wat wel gesê word.

Aborsie

Die storie bevat die volgende aanhaling: “My argument in enige geval van bystand met selfdood is nie om te kyk wat die wet verbied nie, maar wat die Grondwet toelaat – soortgelyk aan die wetgewing wat aborsie onder bepaalde omstandighede toelaat.”

Die kern van Landman se klag in hierdie verband is dat die aanhaling impliseer dat hy in sy raadgewing hom nie genoegsaam aan wetgewing sou steur nie, “omdat ek sonder meer my eie private interpretasie van die Grondwet as riglyn van reg en verkeerd beskou” (wat ? “verwaande” stelling sou wees).

Landman sê hy het die punt gemaak dat Suid-Afrika etlike sosiale praktyke het wat wettig is, maar waarmee die meerderheid waarskynlik nie saamstem nie (soos huwelike tussen persone van dieselfde geslag, poligamie, terminasie van swangerskap, of die afskaffing van die doodstraf). Dit is relevant, verduidelik hy, omdat die spanning tussen die gemene reg en die Grondwet oor bystanddood opgelos moet word (deur die Parlement – óf uit eie beweging, óf deur aansporing van die howe) – ondanks moontlike meerderheidsbesware daarteen.

Hy verduidelik verder: “Ek argumenteer wel dat die gemene reg ontwikkel moet word om in lyn met die Grondwet te kom, maar ek verduidelik altyd wat die huidige regsposisie is. Inteendeel, dus, ek ‘kyk altyd na wat die wet verbied’. Hiervan getuig letterlik dosyne PowerPoint-voordragte deur my oor meer as twee dekades (wat ter insae beskikbaar is), voor gehore wat teen hierdie tyd in die duisende tel.”

? Sekondêre aspek van die klag is dat die aanhaling dit laat lyk asof hy gebrekkige kennis oor aborsie het.

Wichmann ontken dat daar enige “verwarring” was; inteendeel, die “redelike interpretasie van die woorde is dat ? mens nie net moet vaskyk in wat huidige wetgewing tans verbied nie, maar eerder wat toegelaat behoort te word wanneer ? mens grondwetlike waardes interpreteer. Daar is dus nie verwarring oor die sin nie”.

Sy voeg by: “Rapport verstaan prof. Landman se argument. Dis egter nie altyd moontlik om ewe veel ruimte aan een spesifieke argument af te staan as wat die kenner (prof. Landman) meen die regte ding sou wees nie.”

Oor sy klag dat die berig laat blyk dat Landman hom nie aan huidige wetgewing steur nie, argumenteer die interne ombud dat die berig “wel Landman se opinie stel net soos wat hy in hierdie spesifieke punt in sy besware teen die berig verduidelik” – die storie haal hom immers aan oor die huidige regsposisie, waarna sy mening gestel word dat die reg moet ontwikkel om in pas met ? persoon se regte te kom.

(Die betrokke sin lui: “Tans bly dit regtens moord of strafbare manslag maar een of ander tyd sal daar ? aanpassing móét kom oor waar ? mens se reg op vryheid en waardigheid in die geval van bystand met selfdood inpas.”)

Sy ontken ook dat die aanhaling gebrekkige kennis oor aborsie by Landman veronderstel.


                                                Ontleding

Ek hanteer eers die klag oor ? moontlike persepsie van minagting vir die wet, waarna die stelling oor aborsie volg.

Met inagneming van Landman se welbekende menings oor selfdood, gepaardgaande met al sy openbare optredes in hierdie verband, is dit moeilik om te glo dat hy ? standpunt sou handhaaf wat die wet minag, nie respekteer nie, of probeer omseil. Ek meen sy argument dat hy altyd in ag neem wat die wet sê, is onaanvegbaar.

Ek dink ook nie dat Rapport met my daaroor verskil nie.

Die vraag is of die betrokke aanhaling redelikerwys so geïnterpreteer kon word.

Eers, ? teoretiese stelling: Wanneer die betrokke sin geïsoleer of los van sy konteks gemaak word, is dit bes moontlik dat lesers sou dink hier is ? professor wat hom nie aan die wet steur nie, maar eerder kyk hoe hy die Grondwet kan gebruik om dit te omseil. Ek noem dit “Opsie A” om my argumentasie hieronder te probeer verhelder.

Geen sin behoort egter so geïsoleer te word nie – konteks is net so belangring soos teks. In hierdie verband is die daaropvolgende paragraaf (Opsie B) van besondere belang. Dit lui soos volg:

“My argument in enige geval van bystand met selfdood is nie om te kyk wat die wet verbied nie, maar wat die Grondwet toelaat… Ek sou argumenteer: Kyk na wat vir [Schoeman] lyding was en kyk waar pas dit by sy grondwetlike regte in. Tans bly dit regtens moord of strafbare manslag maar een of ander tyd sal daar ? aanpassing móét kom oor waar ? mens se reg op vryheid en waardigheid in die geval van bystand met selfdood inpas.”

Ek besef dat ek weer ? gedeelte (groter hierdie keer, maar tog wel) geïsoleer het – en dat dit gevaarlik is. Hoe groter egter die gedeelte, des te beter, veral as dit direk betrekking het op die voorafgaande gedeelte (soos in hierdie geval).

Wat die laaste sin vir my sê, is dat Landman (tereg) die:

·         wet hoog ag – anders sou hy nie soveel gewag gemaak het van die noodsaaklikheid daarvan dat dit aangepas moet word nie; en

·         Grondwet hoër ag (omdat die wet daarby moet aanpas, sou dit daarvan verskil).

Dit laat my met twee kontrasterende indrukke: Heel eng beskou, staaf Opsie A Landman se klag; Opsie B doen egter die teenoorgestelde. Laasgenoemde is belangriker, omdat dit ? effe breër konteks bied en daarom in ? sekere sin die eerste oorwoeker.

Meer is egter ter sprake: Ek moet ook die totale konteks van die berig (Opsie C – die belangrikste) in ag neem – die konteks waarbinne die indruk geskep word dat Landman moontlik die wet oortree het met sy hulp aan Schoeman.

Die sentrale vraag wat hom hier aan my opdring, en wat die lakmoes-toets word, is die volgende: Was Opsie B sterk genoeg om ? verskil aan Opsie C te maak? Met ander woorde, kon daardie paragraaf die leser van mening laat verander, of ten minste laat begin wonder of Landman nie dalk onskuldig is nie? Of: Was Opsie C so sterk dat dit Opsie B sou opslurp?

Ek meen dat dit ? buitengewoon skerpsinnige en intelligente leser sou verg om Opsie B so te verstaan dat dit Opsie C sou beïnvloed; die “normale” leser sou eerder die genoemde paragraaf in die konteks van die hele storie verstaan.

Oor aborsie: Ek meen nie dat die stelling in dispuut die indruk geskep het dat Landman onkundig oor die onderwerp was nie; die negatiewe indruk wat die sin maak is egter veel erger as dit. Dit sê immers dat Landman aborsie beoordeel soos hulp met selfdood – hy kyk nie na wat die wet daaroor sê nie.

Opskrif, foto’s

Landman kla dat die opskrif hom as die “helper” geïdentifiseer het wat krimineel vervolg kan word; dit geld ook vir die plasing van foto’s van hom en van Schoeman (langs mekaar).

Hy noem ook dat die storie (en foto) Schoeman se twee huishulpe betrek, en sê dat hy ook ten behoewe van hulle kla omdat dit elders gerapporteer is dat hulle bewus was daarvan dat Schoeman selfdood beplan het.

Wichmann sê dat:

·         ? opskrif gewoonlik ? samevatting van die inhoud van die berig is – en in hierdie geval is dit “beslis nie gebruik om Landman valslik te assosieer of verdag te maak nie”;

·         die publisering van Landman en Schoeman se foto’s regverdigbaar was, omdat hulle die twee sentrale karakters in die berig was; en

·         die twee susters wat na Schoeman omgesien het, nie by enige beskuldigings van aandadigheid betrek kan word nie – Rapport kan nie verantwoording doen vir wat in ander publikasies geskryf is nie.


Landman merk op dat die feit dat die opskrif ? samevatting van die berig was, “presies die probleem daarmee” was.

                                                Ontleding

Die Perskode bepaal dat ? opskrif die inhoud van ? berig redelik moet weerspieël.

Wat die betrokke opskrif betref (Karel se helper dalk vervolg), stem Wichmann en Landman (en ek) met mekaar saam: Dit weerspieël inderdaad die kern van die berig. Afgesien van die res van die berig, lui die inleidende sin immers soos volg: ”Die kans is goed dat iemand strafregtelik vervolg kan word weens die dood van die skrywer Karel Schoeman” – dit is wat die opskrif ook aankondig.

Die verskil is dat Rapport daarmee tevrede is, maar Landman nie. En ek ook nie.

Ek het al by verskeie geleenthede gesê dat, as ? storie verkeerd / onbillik is en die opskrif is ? redelike weerspieëling van die inhoud, dit logies volg dat die opskrif ook verkeerd / onbillik sal wees.

Dit is wat in hierdie geval gebeur het. Die gebruik van die woord “dalk” in die opskrif maak geen verskil aan die boodskap nie, naamlik dat Schoeman se “helper” (uit die berig afgelei kan dit net Landman wees) vervolg kan word.

Die plasing van Landman se foto naas dié van Schoeman kan egter kwalik verkeerd wees – Wichmann is reg wanneer sy sê dat hulle die twee hooffigure in die storie was.

Die interne ombud se verweer oor die twee “huishulpe” is ook in die kol. Dit het myns insiens ? verdere menslike element by die storie gevoeg, en het hulle op geen manier in gevaar gestel of verdag gemaak nie – anders as wat inderdaad met Landman gebeur het.

Die HOOFKLAG

Verskeie ander argumente is ook geopper, soos dié van Wichmann wat aanvoer dat Landman nie oor ? moontlike kriminele ondersoek bekommerd hoef te wees nie omdat die nadoodse ondersoek op Schoeman intussen reeds voltooi is – hy het aan “natuurlike oorsake” gesterf. “Daar is dus geen geregtelike ondersoek na Schoeman se dood nie en die polisie ondersoek geen saak nie,” argumenteer sy.

Landman ontken egter dat strafregtelike aanspreeklikheid afgeweer is – die polisie kan steeds ? saak ondersoek, sou nuwe inligting aan die lig kom. Boonop is die tersaaklike vraag: Wat was die stand van sake toe die berig gepubliseer is? Toe was die inligting oor “natuurlike oorsake” nog nie bekend nie.

Ek is egter huiwerig om verder op argument ná argument voort te borduur, aangesien dit hiervandaan slegs die fokus van die kern van die saak kan aflei.

                                                Ontleding

Die kernvraag is of ? redelike leser uit die berig kon aflei dat Landman krimineel vervolg kon word nadat hy die bekende skrywer Karel Schoeman met sy selfdood sou bygestaan het.

Uit my bespreking hierbo van die “naasmekaar-stelling” van die advokaat se menings langs dié van Landman se ongekontekstualiseerde aanhalings, het dit geblyk dat daardie spesifieke deel van die storie inderdaad gesuggereer het dat die kenner (die advokaat) moontlike kriminele vervolging van die “helper” (Landman) in die vooruitsig gestel het.

Woorde het immers betekenisTop of Form.

Daarby hou ek veral ook die opskrif van die storie (Karel se helper dalk vervolg), asook die inleidende sin (”Die kans is goed dat iemand strafregtelik vervolg kan word weens die dood van die skrywer Karel Schoeman”) in gedagte. 

Dit sou die onnodige negatiewe impak op Landman enigsins verminder het as die joernalis ten minste ? onderskeid getref het tussen wettige hulpverlening by versterwing en onwettige bystand by selfdood – wat immers deel is van die hart van die saak. So ? onderskeiding het inderdaad geskitter in sy afwesigheid.

Daarby kom ook die ongelukkige aanhaling van Landman dat hy nie kyk wat die wet sê nie.

Met inagneming van al bogenoemde oorwegings, moes die joernalis méér gedoen het as om net haar konsepberig aan Landman voor te lê ter voorkoming van moontlike foute – sy moes inderdaad ook sy kommentaar gekry het omdat sy (onverwags) van hom die subjek van kritiese beriggewing gemaak het.

Ek het kennis geneem van Rapport se aanbod aan Landman om ? artikel oor die onderwerp te skryf (nadat hy ? klag by my kantoor oor die berig ingedien het). Hoewel ek daardie aanbod waardeer, is ek terselfdertyd dankbaar dat hy dit nie aanvaar het nie, maar eerder die saak vir beoordeling verwys het. So ? artikel sou altyd die indruk kon skep dat hy bloot homself wil regverdig, wat nie sou deug nie.

Wat oorbly, is Landman se vraag of die joernalis opsetlik (moedwillig, selfs kwaadwillig) was, en of sy bloot net nie besef het watter onnodige skade sy Landman aandoen nie. My mening is laasgenoemde – ek is altyd huiwerig om moedswilligheid of kwaadwilligheid te vermoed as daar ander redes vir onetiese beriggewing kan wees.

Ek twyfel nie daaraan dat die berig Landman se reputasie en waardigheid onnodig aangetas het nie; ek vertrou egter dat hierdie bevinding, en die gevolglike publisering van die sanksie soos hieronder beskryf, die skade wat Landman aangedoen is enigsins sal verminder en versag.

Bevinding

Lesers kon uit die berig die redelike afleiding maak dat Landman die “helper” was wat krimineel vervolg kon word nadat hy, moontlik op ? onwettige wyse, Schoeman met sy selfdood sou bygestaan het. Dit is veral veroorsaak deurdat die koerant:

·         hom aangehaal het sonder die nodige konteks (lees veral: versterwing) en dit  boonop ongenuanseerd naas dié van ? senior advokaat gestel het;

·         versuim het om onderskeid te tref tussen wettige en onwettige hulpverlening by selfdood, wat die moontlikheid sou oopgelaat het dat lesers kon meen hy was aandadig aan Schoeman se dood;

·         geïmpliseer het dat hy in sy raadgewing oor selfdood – en aborsie – hom nie aan wetgewing sou steur nie (of ten minste dit nie duidelik gestel het dat dit nie die gval was nie);

·         met die opskrif bygedra het tot die wanbeelde, soos hierbo aangetoon;

·         versuim het om hom, wat sonder sy wete die subjek van kritiese verslaggewing geword het, om kommentaar te vra; en

·         sy waardigheid en reputasie onnodig aangetas het.

Bogenoemde was verbrekings van die volgende artikels van die Persraad se Kode vir Etiek en Gedrag:

·         1.1: “The media shall take care to report news truthfully, accurately”;

·         1.2: “News shall be presented in context and in a balanced manner, without any intentional or negligent departure from the facts whether by distortion, exaggeration or misrepresentation, material omissions, or summarisation”;

·         1.8: “The media shall seek the views of the subject of critical reportage in advance of publication”; en

·         3.3: “The media shall exercise care and consideration in matters involving dignity and reputation.”

Ander dele van die klag, soos dié oor die gebruik van die foto’s en die verwysings na die “huishulpe”, word van die hand gewys.

Erns van oortreding(s)

Onder die opskrif Hierarchy of sanctions onderskei Artikel 8 van die Klagteprosedure tussen minder ernstige oortredings (Vlak 1), ernstige oortredings (Vlak 2) en ernstige wangedrag (Vlak 3). Die verbrekings van die Kode soos hierbo aangedui, is almal Vlak 2-oortredings.

Optrede

Rapport word versoek om Landman om verskoning te vra oor die sake wat onder die opskrif “Bevinding” hierbo gedokumenteer is (wat begin met “Lesers kon uit die berig die redelike afleiding maak...” en eindig met “... reputasie onnodig aangetas het”).

Die teks moet:

·         gepubliseer word op:

o   dieselfde bladsy as waarop die berig geplaas is, en in dieselfde posisie;

o   Netwerk24;

  • begin met die verskoning;
  • verwys na die klag wat by hierdie kantoor ingedien is;
  • eindig met die sin, “Besoek www.presscouncil.org.za vir die volledige bevinding”; en
  • deur my goedgekeur word.

Die opskriftge moet die woorde “verskoning” of “apologie”, asook Landman se van bevat.

Appèl

Ons Klagte-prosedure bepaal dat enige party binne sewe dae ná hierdie bevinding uitgestuur is, aansoek om appèl kan doen by die voorsitter van die SA Pers-Appèlraad, Regter Bernard Ngoepe. In daardie geval moet die gronde vir die aansoek volledig uiteengesit word. Hy kan by Khanyim@ombudsman.org.za bereik word.

Johan Retief

Persombud